Dit is elke bruid
se voorreg om absoluut asemrowend te lyk en te voel op haar mooiste dag.
Baie drome word gedroom oor hierdie spesiale dag,
een daarvan die trourok, die mooiste skepping ooit wat die prentjie moet afrond
en vervolmaak.
Michael werk met ‘n passie wat verstom. Elke kristal en
pêrel op sy uitrusting word met toewyding en 'n
opgewondenheid vasgewerk.
Elke bruid word
individueel en uniek hanteer. Na ‘n konsultasie van
ongeveer twee ure, weet jy en Michael wat julle van
mekaar verwag, en ken hy jou persoonlikheid en
voorkeure.
Sy ontwerpe is uniek en geen rok is ‘n kopie van ‘n ander nie. Dit word
nommerpas vir jou voorkoms en gelaatstrekke ontwerp en
gemaak.
Michael se
fenominale diens stop nie hier nie. Hy sorg vir 'n
foto-perfekte prentjie deur ook vir die Moeder van die
Bruid en die gevolg te ontwerp of voorstelle aan die
hand te doen. Waar moontlik woon hy graag selfs die
diens by sodat hy die bruid kan help aantrek en op
haar beste lyk (teen 'n addisionele koste). Hy doen ook aanbevelings van die
geskikste persone vir hare en grimering en alles wat met
‘n huwelik gepaart gaan.