MBezuidenhout Couture is sinoniem met tydlose elegansie
en styl. Binne hierdie nuwe korporatiewe identiteit,
funksioneer Michael Bezuidenhout as hoofontwerper van
die modehuis, met Luzanne as getroue en baie
bekwame assistent. Michael en sy fenominale span sit hart en siel in elke skepping.
Michael het sy diploma in Ingeneurswese (Elektriese
Sterk Stroom) in 1995 behaal, maar direk daarna in mode-ontwerp
ingegaan. Reeds in sy eerste jaar het hy uitgestaan as
ontwerper en is hy aangewys as een van vier jong
ontwerpstudente om SA te verteenwoordig in België by die
internasionale jongontwerpers kompetisie. Tussen 178
deelnemers van 38 lande behaal hy 'n brons medalje.
Hy het al verskeie toekennings verower,
onder meer "Mees klassieke ontwerper in SA" (1998-1999),
algehele wenner as SA se Bruidsontwerper (1998-1999), "SA's
Christmas & Millenium Visual Displayer of the year" (1999).
Ook klee hy al vir vele jare verskeie van ons
verteenwoordigers vir Mev. SA asook Mej. SA en is die
amptelike ontwerper van verskeie model- en
skoonheidskompetisies. Onder sy kliënte vind ons die wie's
wie van ons land, name soos Amor Vittone, Zuraija Jardine,
Claudia Henkel, Cindy Nell, Theresa Benade en vele meer.
Luzanne Barlow werk tans by MBezuidenhout Couture as
assistent en produksie bestuurder. Sy het haar studies
voltooi in die skilderagtige dorpie, Stellenbosch, by
Elizabeth Galloway Academy of Fashion Design. Sy was ook
semi-finalis in die Durban July Young Designers Award
2007.
Hoofdirekteur van MBezuidenhout Couture - Martie Bezuidenhout.