Michael Bezuidenhout - bekende ontwerper van eksklusiewe aanddrag en trourokke
 



Ontwerper van eksklusiewe aanddrag en trourokke

'n Modehuis sonder vergelyking

 

MBezuidenhout Couture is sinoniem met tydlose elegansie en styl. Binne hierdie korporatiewe identiteit funksioneer Michael Bezuidenhout as hoofontwerper van die modehuis. ‘n Michael-skepping kan op ‘n afstand raak gesien word vir die uitmuntende vakmanskap, kundigheid, kunstigheid en persoonlike aandag wat aan elke individuele skepping gegee word.

Michael en sy fenominale span sit hart en siel in elke skepping om dit die gestalte te laat kry van iets wat eerder in Hollywood hoort. Sy stuurwiel en steunpilaar wat die moontlikhede kon waarneem en die etiket op die been gebring het, sy ma -  hoofdirekteur van MBezuidenhout Couture - Martie Bezuidenhout.
 

Vroue dwarsoor Suid Afrika maak van Michael se talent gebruik. Hy ontwerp vir bekendes soos Amor Vittone, Zuraida Jardine, Jolize Uys (Mev. Suid-Afrika), Therese Benade, Cindy Nell, en vele voormalige Mej. sowel as Mev. Suid-Afrika's. En tog is elkeen wat by sy ateljee instap spesiaal, bekend of nie, en is dit sy misie om jou as  ‘n totaal ander persoon te laat uitstap, die mooiste jy. Dit kry hy reg nie net deur sy ontwerpe en kundige vakmansskap nie, maar ook met die persoonlike diens wat hy lewer.

 

Kontak besonderhede vir MBezuidenhout Couture:

Tel / Faks : 056 817 2202

mbezcouture@lantic.net

Re-Uniestraat 6
Posbus 718
Parys, 9585
Vrystaat

Kliek vir  PADKAART
 

Michael se velsorg word geborg deur

 

 


 
Tuis / Troublad / Aandblad/ MelBagZ / Media /
Glans persoonlikhede /
 Trourok Gallery / Aandrok Gallery / Gebeure / Oor ons

Questions or problems regarding this web site should be directed to Info@webaround.co.za.
Copyright © 2006 WebAround.  All rights reserved.
Last modified: 06/15/09.