'n Droomrok vir 'n
droom geleentheid... iets heeltemal uniek
en treffend, 'n meesterstuk uit die hand van die
meester.
Michael en sy span
streef daarna om dit 'n onvergeetlike ervaring te
maak. Met die wete dat hy al vele
toekennings ontvang het vir sy unieke skeppings wat
soos 'n handskoen by elke kliënt pas, kan jy jou
idees met 'n geruste hart by hom los, hy weet hoe om
dit te omskep in iets absoluut asemrowend.
Vir Michael is
elke kliënt uniek en belangrik, wie jy ookal is. Jou idees maak vir hom saak. Met sy insig in
persoonlikhede en voorkoms, is elkeen se uitrusting iets
uit 'n ander wêreld.
Elke eerste
konsultasie sluit in ‘n persoonlikheids- en
voorkomsanalise wat ongeveer twee ure duur. Michael
bou met elkeen van sy kliënte ‘n werksverhouding op,
waar hy elkeen spesiaal en uniek laat voel, want dit
is wat jy is : uniek en spesiaal.